Martin Van Buren

Martin Van Buren
8ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 18374 Maart 1841
Voorganger Andrew Jackson
Opvolger William Henry Harrison
Geboortedatum 5 Desember 1782
Geboorteplek Kinderhook, New York, V.S.A
Sterftedatum 24 Julie 1862
Sterfteplek Kinderhook, New York, V.S.A
Eerste Dame Hannah van Buren
Politieke party
Visepresident Richard M. Johnson
Handtekening

Martin Van Buren (* 5 Desember 1782; † 24 Julie 1862) was die 8ste president van die Verenigde State van Amerika (1837-1841). Hy is gedoop as Maarten Van Buren. Voor sy presidentskap het hy gedien as die agtste visepresident (1833-1837) en tiende minister van buitelandse sake onder Andrew Jackson (1829-1831).

Van Buren was 'n goeie organiseerder van die Demokratiese Party, 'n dominante figuur in die tweepartystelsel.

Sy voorgangers is op die gebied van die latere Verenigde State gebore, maar was Britse onderdane voor die Amerikaanse Revolusie. Van Buren was die eerste president wat as 'n Amerikaanse burger gebore is en boonop die eerste president wat nie van Britse afkoms was nie - sy familie was Nederlands en sy moedertaal was Nederlands.

As minister van buitelandse sake onder Andrew Jackson en daarna as visepresident, was hy 'n belangrike figuur in die bou van 'n organisasiestruktuur vir Jacksoniaanse demokrasie, veral in die staat New York. As president wou hy nie hê dat die Verenigde State Texas annekseer nie, 'n daad wat 'n latere opvolger, John Tyler, sou bewerkstellig agt jaar ná Van Buren se aanvanklike verwerping van die idee. Met die nie-gewelddadige Aroostook-oorlog en die Caroline-aangeleentheid was verhoudings met Brittanje en sy kolonies gespanne.

Sy bewind is grootliks gekenmerk deur die ekonomiese probleme van sy dag, die Paniek van 1837. Hy is 'n sondebok vir die Depressie gemaak en is deur sy politieke teenstanders "Martin Van Ruin" genoem. Van Buren is ná vier jaar uitgestem en verloor teen die Whig- kandidaat William Henry Harrison.

In 1848 is hy as leier van die Free Soil Party verkies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search